Latifundium

Mosaïek van 'n latifundium uit die huis van Dominus Julius (Bardo-museum).

'n Latifundium was 'n grootskaalse landboubedryf in die Romeinse Ryk. Latifundia is bewerk deur slawe. Die woord kom uit die Latyn en staan vir "latus": breed, en "fundus": stuk grond. Latifundium beteken dus letterlik breë stuk grond. Hierdie latifundia was veral te vinde in Sisilië en in die suide van Italië.

Die opkoms van die latifundia word verbind met die groei van Rome as afsetmark, die aankoms van groot massas slawe, soos tydens die Puniese Oorloë, en die gedeeltelike ondergang van die vrye Romeinse boerestand in die 2de eeu v.C., wat alles weer die gevolg was van Romeinse uitbreiding.

'n Latifundium het veral produkte gelewer soos graan, wyn en olyfolie. Aangesien die produksie van wyn taamlik arbeidsintensief was, was die gebruik van slawe lonend. Die relatief voldoende beskikbaarheid van slawe danksy die Romeinse veroweringsoorloë verklaar waarom die latifundium-stelsel ekonomies winsgewend was en deur grondeienaars verkies is bo die uitdeling van hul grond in pag onder afhanklike pagters.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search